Een van drie beskuldigdes wat verlede week vasgetrek is in verband met die veroordeelde moordenaar, Thabo Bester, se ontsnapping, is op borgtog van R10 000 vrygelaat.

Thabang Mier en nog twee tronkwerknemers, Joel Makhetha en Moeketsi Ramolula, het vanoggend in die landdroshof in Bloemfontein
verskyn.

Netwerk24 berig Makhetha en Ramolula staan tereg op aanklagte van hulpverlening aan ’n gevangene tydens ’n ontsnapping, korrupsie en lykskending, terwyl Mier op aanklag van hulpverlening teregstaan.

Makhetha en Ramolula doen Dinsdag om borgtog aansoek.

Altesaam 12 mense staan op ‘n verskeidenheid aaklagte tereg.

Bester het in Mei verlede jaar uit die Mangaung-tronk ontsnap.

Twee van die verdagtes is vroeër op borgtog vrygelaat.

Die ander is steeds in aanhouding.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×