Nog ‘n verdagte in die voortgesette Steinhoff-ondersoek sal na verwagting later vandag in die Pretoria Gespesialiseerde Misdaadhof in Gauteng verskyn op aantygings van die oortreding van die Wet op Finansiële Markte. Die 79-jarige verdagte is vanoggend in hegtenis geneem.

Sy arrestasie spruit uit ‘n voortdurende ondersoek na Steinhoff, waarin die maatskappy se destydse uitvoerende hoof, Markus Jooste, glo inligting oor die verkoop van aandele uitgeruil het voordat dit geval het.  Jooste het die verdagte aangeraai om sy aandele te verkoop voordat die prys gedaal het weens onreëlmatighede in die Steinhoff finansiële state.

ʼn Woordvoerder van die Valke, kolonel Katlego Mogale, sê die verdagte het opdrag gegee dat meer as 39-duisend Steinhoff-aandele verkoop moet word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×