Suid-Afrika se multi-miljard-dollar-klimaatverdrag word deur nog ‘n vertraging gekniehalter. Die invloei van sowat $8,5 miljard met van die wêreld se rykste lande word hierdeur geraak. Volgens die regering sal dit nog twee tot drie maande nodig hê om ’n energie-oorgangsimplementeringsplan te voltooi. Die hoof van die projekbestuurseenheid vir die ooreenkoms binne die presidensie, Joanne Yawitch, het gister gesê hulle moet werkers van steenkoolafhanklike gemeenskappe heroplei namate steenkoolaanlegte geleidelik sluit. News 24 berig die verdrag met westerse lande word bemoeilik waar steenkool vir politieke gewin gebruik word.