Terwyl nog ‘n resolusie van die Verenigde Nasies, of VN, die keer deur die Menseregteraad aanvaar is oor die skending van menseregte in Palestina, het Israel gesê sy onttrekking uit die suide van Gaza is bloot om voor te berei vir toekomstige operasies. Netwerk 24 berig Suid-Afrika se departement van internasionale betrekkinge en samewerking, of Dirco, verwelkom die VN se jongste resolusie en dat dit die eerste van sy soort deur die Menseregteraad is.
Dirco het gesê dit verseker dat almal wat verantwoordelik is vir die skending van humanitêre reg, verantwoordbaar gehou gaan word. Israel het op die dag, ses maande na die oorlog begin het, gesê sy magte berei nou voor vir hul volgende sendings, wat die suidelike stad Rafah insluit. Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het gesê Israel is een stap weg van ‘n oorwinning en sal nie ophou totdat Hamas alle gyselaars vrygelaat het nie.