Nog ‘n voertuig het Saterdagaand by die gevaarlike krans by Voëlklip in Heroldsbaai afgestort

Nog ‘n voertuig het Saterdagaand by die gevaarlike krans by Voëlklip in Heroldsbaai afgestort.  Dit volg skaars ‘n maand nadat ‘n jong ma en haar dogter ook by dieselfde krans afgestort het in hul motor.  Volgens Netwerk24 sê ‘n polisiewoordvoerder dat ‘n motor omstreeks kwart voor sewe gisteraand by die krans afgestort het.  Volgens Christopher Spies, Polisiewoorvoerder is soek-en-reddings aktief besig met die reddingspoging en soektog en sal meer inligting later bekend gemaak word.

Luister na potgooie hieronder