Die elfde dwelmmuil binne, ‘n tydperk van twee maande, is by OR Tambo-lughawe in hegtenis geneem. IOL berig gedurende die gesamentlike operasie deur die polisie en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) is nog ‘n vrou onderskep toe sy gister op ‘n vlug van vlug vanaf São Paulo, Brasilië, aangekom het. Sy is na ‘n plaaslike hospitaal geneem waar x-trale bevestig dat sy vreemde voorwerpe in haar maag het. Volgens Fannie Masemola, die nasionale kommissaris van die polisie, het dwelmsmokkelaars nêrens om weg te kruip nie en het amptenare elke week die afgelope maand smokkelaars by OR Tambo onderskep.