Twee mense is dood en 30 ander is beseer in ‘n ongeluk op die R57 in die Vrystaat.
Die slagoffers sluit ‘n groep seuns in wat Saterdag 30 November op pad van Kestel na ‘n inisiasiekamp in QwaQwa was.
Vyftien pasiënte is na die Mofumahadi Manapo Mopeli-hospitaal geneem.
Agt is opgeneem en vier is ontslaan.
Twaalf pasiënte is na die Elizabeth Ross-hospitaal gestuur, waar sewe vir X-strale gestuur is.