Soedanese militêre faksies het ingestem tot ‘n bykomende sewe-dag-lange wapenstilstand wat skynbaar môre begin.
Dié nuus kom terwyl die huidige sogenaamde wapenstilstandooreenkoms met feitlik ononderbroke aanvalle verbreek word.
Reuters berig vorige wapenstilstand-beloftes het tussen 24 tot 72 uur gewissel.
Suid-Soedan se ministerie van buitelandse sake het gister gesê bemiddeling deur sy president het albei kante daartoe laat instem om die weeklange wapenstilstand te eerbiedig.
Die konflik het middel April tussen die weermag en ‘n paramilitêre groep uitgebreek.
Soedan se ministerie van gesondheid het gister bevestig 550 mense is reeds in die konflik dood en amper 5 000 is beseer.