Nog ‘n Zuma op pad na die presidensie van ANC?

Duduzane Zuma, seun van oud-president Jacob Zuma, het aan Rapport bevestig hy wil pres. Cyril Ramaphosa op die ANC se leiersberaad in 2022 uitdaag om die presidentskap van die ANC.

Luidens berigte is Duduzane op pad terug van Dubai, waar hy die afgelope vyf jaar woon, om sy politieke loopbaan amptelik te begin.

Volgens Duduzane is dit tyd om vorentoe te beweeg en hy glo daar is nou ‘n geleentheid om betrokke te raak. Hy sê verder hy het baie om te bied as president van die party en dat hy gewillig is om sy nek uit te steek vir die ideale wat nie verwesenlik word nie.

Volgens hom sluit hierdie ideale gratis tersiêre onderrig, grondonteiening sonder vergoeding en die nasionalisering van die Reserwebank in.

Duduzane sê hy werf reeds steun by ANC-takke in KwaZulu-Natal in aanloop tot die 2022-kongres.

Luister na potgooie hieronder