Nog niemand is in hegtenis geneem in verband met tref-en-trap in Bloemfontein nie

 Nog niemand is in hegtenis geneem in verband met tref-en-trap in Bloemfontein nie

Nog niemand is in hegtenis geneem met ‘n tref-en-trap voorval wat die lewe van ‘n 23-jarige kunsstudent aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein ge-eis het nie.

Die polisie in Bloemfontein sê hulle is steeds opsoek na die bestuurder van ‘n swart sedan.

Intussen berig Netwerk24 die student is Saterdag deur vriende en familie in haar tuisdorp Gqeberha tot ruste gelê.

Luidens berigte het die tref-en-trap omstreeks 10-uur verlede Saterdagaand voor die hoofingang van die UV plaasgevind.

Armando