Onwettige mynwerkers wat uit die Stilfontein-myn gekom het, het aangedui daar is nog liggame ondergronds.

SABC News berig dit kom nadat meer onwettige mynwerkers uit die skag van die Noordwes-myn gekom het.

Mining Affected Communities United in Action (Macua) se nasionale koördineerder, Meshack Mbangula, sê hulle het met die twee groepe mynwerkers wat onlangs opgekom het, gesels terwyl hulle in aanhouding was.

Die mense wat steeds in die myn is, is gedehidreer en baie honger.

Party het aangedui daar is nog liggame in die myn.

Die organisasie het die regering versoek om kleinskaal- en ambagsmynbou te formaliseer.

Mbangula het gesê die regering moet die sektor transformeer en formaliseer om werksgeleenthede te skep.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×