Nog tien onwettige mynwerkers het Saterdag weer uit die Stilfontein-myn in Noordwes gekom. Die polisiewoordvoerder, brigadier Athlenda Mathe, het bevestig dat die mynwerkers in hegtenis geneem is.
Mathe sê die mans het sonder enige hulp van reddingspanne uit Skag Tien gekom. Volgens een van die mynwerkers het dié ondergronds die afgelope twee maande van water en sout oorleef. Talle onwettige mynwerkers is steeds ondergronds, en pogings om hulle uit te kry duur voort.