Nog pogings om strande langs die Tuinroete en ander Covid 19 brandpunte oop te stel het in die hof misluk

Nog pogings om strande langs die Tuinroete en ander Covid 19 brandpunte oop te stel het in die hof misluk.

Die Hooggeregshof in Pretoria het Woensdag teen Afriforum en ander belangegroepe beslis wat wou hê dat die regering se besluit om toegang tot strande te beperk ongrondwetlik verklaar word.

Monique Taute, Afriforum se hoof van veldtogte, sê navorsing het getoon dat die kans om Covid 19 in die opelug op te doen slegs sowat een persent is.

Die aansoek deur die Groot Braksakeforum, die Kouga munisipaliteit en die Buffelsbaai huiseienaarsvereniging om die sluiting van strande onwettig en irrasioneel te verklaar is ook van die hand gewys.

Luister na potgooie hieronder