Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het Vrydag aan ekonome gesê verbruikersinflasie moet eers geleidelik daal tot 4,5%, voordat hulle dit hoegenaamd sal oorweeg om die huidige rentekoersverhogingsiklus te onderbreek of stop te sit.

Hierdie aankondiging volg nadat die rentekoers Donderdagmiddag met 75 basispunte verhoog is.

Volgens die Buro vir Ekonomiese Ondersoek, impliseer die Reserwebank hiermee dat nog rentekoersverhogings op pad is.

Die rentekoers staan tans op sy hoogste vlak sedert 2016.

Die repokoers is nou 7% en die primakoers staan op 10,5%.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×