Nog ‘n groep van meer as 100 leerlinge van Gauteng het siek geword nadat hulle kos by ‘n skool geëet het.
Die LUR vir Onderwys in die provinsie, Matome Chiloane, sê 110 leerlinge van ‘n skool in Katlehong het maagkrampe en naarheid ondervind nadat hulle na bewering stampmielies by die skool geëet het.
Nooddienste het hulle na die skool gehaas en die kinders na klinieke en hospitale geneem vir behandeling. Altesaam 98 van die leerlinge is reeds ontslaan, maar 12 ontvang nog mediese sorg.
Intussen het Cope kommer uitgespreek oor die toenemende aantal voedselvergiftigingsvoorvalle in die land.
Die party sê gulsige mense plaas die lewens van kwesbare kinders in gevaar terwyl hulle winste nastreef. Cope se waarnemende nasionale voorsitter, Pakes Dikgetsi, het ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa gedoen om nie hierdie situasie te ignoreer nie…
LUISTER: