Die Pretoria Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof in Gauteng het twee verdagtes in die Steinhoff-saak borgtog van R150 000 elk toegestaan.
Die verdagtes is Vrydag in hegtenis geneem nadat hulle hulself aan die polisie oorgegee het.
Daar word beweer dat die verdagtes dokumentasie geskep het wat gebruik is om die finansiële state van die Steinhoff-groep tussen 2014 en 2016 te vervals.
Die verdagtes staan tereg op aanklagte van rampokkery, nege aanklagte van bedrog, manipulasie van finansiële state en versuim om bedrieglike aktiwiteite aan te meld.
‘n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Lumka Mahanjana, sê die saak is tot 30 Mei uitgestel om ‘n verhoordatum te reël.
LUISTER: