Suid-Afrika wil vanjaar ook ingenieurs- en argitekstudente na Kuba stuur om soos die mediese studente daar hul studies te voltooi.

Die inligting is vervat in ‘n verslag van LP’s oor die departement van internasionale betrekkinge en samewerking se prestasies en uitgawes vir die derde kwartaal van 2022/2023, asook die departement se African Renaissance en Internasionale Samewerkingsfonds (ARISF).

Die verslag is onlangs by die parlement ingedien.

Supra Mahumapelo, komitee-voorsitter het gesê Suid-Afrika moet voortgaan om solidariteit met Kuba te versterk asook ekonomiese bystand tussen die twee lande te verstewig.

Die verslag is ook gemik om internasionale bande met lande soos Kenia, Wes-Sahara, Amerika, Oekraïne, Palestina, Kuba, Lesotho en Rusland te versterk.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×