Nóg die owerhede in Suid-Afrika, nóg die Verenigde Arabiese Emirate weet glo waar die Gupta-broers is.
Dit volgens die minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Ronald Lamola.
Hy het gereageer op ʼn parlementêre vraag deur die DA-LP, advokaat Glynnis Breytenbach.
Lamola het gesê Suid-Afrika die VAE is in gesprek om die suksesvolle uitlewering van die twee broers, Atul en Rajesh Gupta, te verseker.
Owerhede in die VAE het egter bevestig hulle weet nie aar die Gupta-broers tans is nie.