Die minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola, sê enige pogings om die Gupta-broers aan Suid-Afrika te laat uitlewer is steeds onsuksesvol.
Hy het gister in die Nasionale Vergadering genoem die Verenigde Arabiese Emirate kon nie bevestig of die Gupta-broers nog in die Emirate is of nie.
Volgens Lamola word daar egter deurgaans diplomatieke samesprekings oor die aangeleendheid gevoer.