Die Suid-Afrkaase Weerdiens voorspel nog swaar neerslae vir vandag aan die KwaZulu-Natalse kus. Verspreide donderbuie word vir groot dele van die land voorspel asook ‘n geel vlak 2-waarskuwing met ontwrigtende reën vir die hele Vrystaat, Kimberley, Klerksdorp, De Aar en Vryburg.

Dié weerstoestande kan kitsvloede, sterk winde en selfs hael tot gevolg hê. Maroela Media berig swaar reënval wat Sondagaand aan die KwaZulu-Natalse kus uitgesak het, het groot skade in veral Margate aangerig. Paaie het in vinnig vloeiende riviere verander en bome is ontwortel en meegesleur. Minstens vyf mense is dood terwyl oorstromings ook ondernemings, kerke en huise beskadig het. Duisende mense is dakloos gelaat.

error: Inhoud is beskerm !!