Dertien mense het hul lewens in twee ongelukke in die Vrystaat verloor.

Eyewitness News berig dat in die eerste is 10 mense oorlede  toe ‘n taxi  op Saterdagoggend 7 Desember 2024 op die N1, suid van Koppies, in die rigting van Kroonstad met ‘n vragmotor gebots het.

‘n Vragmotorbestuurder en taxipassasier het die ongeluk oorleef en is na ‘n nabygeleë hospitaal gehaas.

In die tweede voorval is drie mense, onder wie ‘n negejarige kind, Saterdagaand oorlede toe twee bakkies op die R30 tussen Allanridge en Odendaalsrus gebots het.

Die oorsaak van albei ongelukke is steeds onduidelik en owerhede ondersoek dit nou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×