Die polisie in Bothaville het ’n ondersoek geopen nadat twee meisies in die Valsrivier by Bothaville verdrink het.
Luidens ’n polisieverklaring volg die ondersoek nadat die twee meisies, wat die laaste keer Dinsdag deur hul maat by die Valsrivier gesien is, vermis word.
LEES MEER: Welkom se reddingsspan haal ’n liggaam uit die Valsrivier
Daar word beweer drie meisies van 7, 10 en 11 jaar is deur sterk waterstrome meegesleur, maar die 11-jarige het aan ‘n boomtak vasgeklou.
Op 8 Januarie het ‘n 19-jarige ook daar verdrink.
Die voorval is aan die polisie gerapporteer, en ’n intense soektog is onmiddellik geloods.
Ná aanvanklike mislukking is die soek- en reddingspan versterk, en die liggame gevind.