Nog twee mense wat na bewering betrokke was by die afbrand van die Bongani Moutain Lodge in Mpumalanga is deur die polisie in hegtenis geneem

Nog twee mense wat na bewering betrokke was by die afbrand van die Bongani Moutain Lodge in Mpumalanga is deur die polisie in hegtenis geneem. Die skade aan die lodge beloop meer as 60 miljoen rand en dit kan meer as twee jaar neem om die oord, wat aan die Krugerwildtuin grens, te herstel. Die voorval volg glo op die dood van ‘n vermeende stroper. Drie verdagtes is vroeër aangekeer en die polisie sê hulle verwag nog inhegtenisnemings. Die verdagtes staan tereg op aanklagte van brandstigting, plundering en die besit van gesteelde goedere. Gevolglik het meer as 80 werknemers by die lodge hul werk verloor.

Luister na potgooie hieronder