Nog twee verdagtes is vasgetrek vir die moord op die vyfjarige Ditebogo Junior Phalane. Valke-woordvoerder, Wendy Nkabi, sê een van die twee was glo uit op borgtog vir beweerde kaping, poging tot moord, en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen, toe die jong slagoffertjie vermoor is.
Altesaam vier verdagtes is nou in verband met die moord aangekeer. Die seuntjie is voorverlede Vrydag doodgeskiet, toe hy sy pa tuis wou verwelkom, terwyl gewapende mans besig was om sy pa se bakkie, voor die gesin se huis in Soshanguve te kaap.