Nog twee verdagtes sal bygevoeg word by die 17 beskuldigdes wat tereg staan in verband met die 24-komma-nege miljoen randse bedrog en korrupsiesaak van die Vrystaatse Departement van Landbou

Nog twee verdagtes sal bygevoeg word by die 17 beskuldigdes wat tereg staan in verband met die 24-komma-nege miljoen randse bedrog en korrupsiesaak. Die geld is deur die Vrystaatse Departement van Landbou aan die maatskappy Nulane Investments betaal vir ‘n uitvoerbaarheidstudie oor landbouprojekte. Die saak teen die voormalige Transnet-raadslid en Gupta-bondgenoot, Iqbal Sharma en drie voormalige amptenare van die Vrystaatse Departement van Landbou, is vroeër in die Bloemfontein-streekhof tot 8 Oktober uitgestel. Twee van die Gupta-broers en hulle vroue is ook onder die beskuldigdes. Die Guptas is nie in Suid-Afrika nie, maar lasbriewe is uitgereik vir hul inhegtenisneming.

Luister na potgooie hieronder