Die minister van Polisie, Bheki Cele, sê daar word na nóg twee verdagtes gesoek vir die moord op die vyfjarige Ditebogo Phalane van Gauteng. Cele het gister ‘n memorandum in ontvangs geneem, van die ANC-jeugliga, wat ‘n optog teen misdaad in Soshanguve gelei het. Die liga sê die moord op klein Phalane skyn die kollig op die wrede werklikheid waarmee inwoners van Soshanguve gedwing word om te worstel.

Die seuntjie is doodgeskiet, toe hy sy pa tuis wou verwelkom, terwyl gewapende mans besig was om sy pa se bakkie, voor die gesin se huis kaap. Rosestad-nuus het vroeër berig een van die verdagtes was glo uit op borgtog vir beweerde kaping, poging tot moord, en die besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen, toe die jong slagoffertjie twee weke gelede vermoor is. Altesaam vier mense is tot dusver in hegtenis geneem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×