Nog twee vragmotors is laat gisteraand op die N2 by Empangeni aan die brand gesteek terwyl die vragmotors in ‘n ry gewag het. Die polisie se woordvoerder, brigadier Jay Naicker, het gesê ‘n groep gewapende mans het na bewering die bestuurders van die twee vragmotors aangeval en van hul besittings beroof. Die bestuurders is uit die vragmotors gedwing waarna dit aan die brand gesteek is. Die polisie ondersoek sake van gewapende roof, kwaadwillige eiendomsbeskadiging en poging tot moord. Netwerk 24 het Maandag berig elf vragmotors is die sedert die naweek aan die brand gesteek op die N4 naby Waterval-Boven en op Van Reenenspas op die N3. Kommer dat die aanvalle tot grootskaalse geweldpleging kan lei soos in Julie 2021, is Maandag deur belangegroepe geopper. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×