Nog twee verdagtes is agter tralies vir hul beweerde betrokkenheid by die veroordeelde Facebook-verkragter, Thabo Bester, se ontsnapping uit ‘n Bloemfonteinse tronk.

Die eerste van die twee nuutste verdagtes sal vandag hier in die landdroshof verskyn.

Die polisie in Noordwes het verder ook beslag gelê op ʼn Porsche Cayenne wat glo aan Bester se vriendin behoort.

Die bestuurder van die voertuig is gisteraand laat vir ondervraging in hegtenis geneem.

Rosestad 100.6FM-nuus het vroeër berig Bester het op 3 Mei verlede jaar ontsnap.

Hy is in 2011 gevonnis.

Daar is aanvanklik vermoed dat hy selfmoord gepleeg het deur sy tronksel aan die brand te steek, maar die verkoolde liggaam wat gevind is, was toe die van ‘n ander man.

Die polisie meen dat nog verdagtes in boeie geslaan sal wees teen die tyd dat die ondersoek afgehandel is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×