Nog vier vragmotors is vroeg vanoggend op die N2 tussen Piet Retief en Ermelo in Mpumalanga aan die brand gesteek. Netwerk 24 berig drie van die swaarvoertuie is erg beskadig terwyl ‘n vierde een slegs in die kajuit skade opgedoen het. ‘n Vrou wat in een van die vragmotors geslaap het, het brandwonde aan haar voete opgedoen. Sy is deur nooddienste na ‘n hospitaal vervoer. Die polisie se woordvoerder, brigadier Selvy Mohala, het gesê die aanvallers het uit die bosse verskyn en die vragmotorbestuurders met vuurwapens gedreig. Die bestuurders het uitgeklim en weggehardloop. Na vanoggend se voorvalle is daar nou reeds 20 vragmotors sedert die naweek op hoofroetes deur onbekende aanvallers aan die brand gesteek. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×