Die minister van Vervoer, Sindisiwe Chikunga, sê noodlottige verkeersongelukke neem ná sewe-uur saans gedurende die feestyd toe.
Chikunga het gister die media oor die feesseisoen se padstatistieke en die veiligheidsbewusmakingsveldtog ingelig.
Die minister het ook onthul dat ongelukke in die vroeë oggendure tussen eenuur en twee-uur toeneem.
Sy sê daar is ook ’n nuwe verskynsel van verkeersongelukke wat Maandae en Dinsdae ná nege-uur die oggend plaasvind.