Namate die feesseisoen aanbreek het noodoproepe met 25 persent in die Wes-kaap toegeneem. Die vernaamste redes vir die toename is klagtes en oproepe oor geraas sowel as mediese bystand.

Daily Maverick berig Kaapstad se noodroep operateurs het die afgelope naweek meer as tweeduisend voorvalle aangeteken. Van die tweeduisend oproepe was 205 sake van aanranding en gesinsgeweld en 81 padongelukke is aangeteken.

Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê 511 mediese klagtes en 307 geraasklagtes is aangeteken. Inwoners word versoek om konflik te vermy deur verantwoordelik te kuier, asook om hul bure vooraf in te lig en ooreen te kom op ‘n tyd wanneer die musiekvolume verlaag sal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×