Kim Jong-oen, leier van Noord-Korea, sal glo binnekort met president Wladimir Poetin van Rusland vergader.

Volgens Netwerk24 het Adrienne Watson, woordvoerder van die Amerikaanse Nasionale Veiligheidsraad, gister aangedui die vergadering sal deel vorm van voortdurende gesprekke oor wapenverkope tussen Rusland en Noord-Korea.

Al Jazeera berig Rusland het glo reeds geheime gesprekke met Noord-Korea gevoer om wapens te bekom vir Rusland se oorlog in Oekraïne.

Dit is vandag reeds 559 dae sedert Oekraïne op 24 November 2022 deur Russiese magte binnegeval is.

Al haal dit die Suid-Afrikaanse regering die gramskap van westerse moonthede op die hals, hou hy vol hy staan neutraal teenoor die oorlog, afgesien van sy oënskynlike hegte bande met Rusland.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×