’n Oekraïense bron het aan Reuters gesê die missiel wat minstens agt mense in ’n Russiese lugaanval op Kiev doodgemaak het, was glo ’n Noord-Koreaanse KN-23 ballistiese missiel.

Volgens News24 het die aanval die Oekraïense president, Volodymyr Zelenski, se besoek aan Suid-Afrika kortgeknip voordat hy na Kiev teruggekeer het.

Reuters berig verder die missiel het ’n woonstelgebou getref.

Sowat 10 mense is steeds vermis.

Rusland beweer slegs militêre teikens is geteiken.

Oekraïne beweer Noord-Korea het reeds 148 missiele aan Rusland voorsien, saam met ander wapens en soldate.

Kiev het sewe missiele as Iskander-M of KN-23 ná die aanval geïdentifiseer.

Noord-Korea se betrokkenheid het by Europese lande en Asiatiese bondgenote van Suid-Korea kommer gewek.

error: Inhoud is beskerm !!