Die Vrystaatse LUR vir Gesondheid, Monyatso Mahlatsi, het gister die sleutels van ‘n splinternuwe mobiele kliniek wat ‘n geraamde R930 000 kos, ontvang.

Die mobiele kliniek was ‘n skenking van die visepresident vir Korporatiewe Maatskaplike Beleggings en die Sasol-stigting, Gao Mothoagae.

Die oorhandigingseremonie is by die Fezi Ngubentombi-hospitaal in Sasolburg gehou.

Hierdie mobiele kliniek sal die kapasiteit van die Departement van Gesondheid verhoog om sy primêre gesondheidsdienste in landelike omgewings en boerderygemeenskappe van Metsimaholo te versterk.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×