Die Nasionale Finansiele Hulpskema vir Studente, of NSFAS, het met stappe begin om finansiering aan studente te onttrek wat nie vir NSFAS-hulp kwalifiseer nie, berig Netwerk 24. Dié studente het goedkeuring vir die beurse ontvang sonder om aan die vereistes te voldoen, het Slumezi Skosana, NSFAS-woordvoerder gesê. Die Spesiale Ondersoek Eenheid, of SOE, het in April sy bevinding bekendgemaak dat meer as R5 miljard van NSFAS se geld tussen 2018 en 2021 aan studente toegeken is wat nie vir finansiering kwalifiseer nie. Skosana het vandag gesê baie van die aansoeke is goedgekeur op grond van vals inligting wat deur die studente verskaf is. Studente het veral vals inligting verskaf oor hul ouers se inkomste wat minder as R350 000 per jaar moet wees om te kwalifiseer. Skosana het gewaarsku NSFAS sal nou deurgaans verifieer dat die regte inligting verskaf word. NSFAS-hulp aan studente het intussen tot 1,1 miljoen studente toegeneem. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×