Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (Nsfas) het begin om studente met verkeerde inligting se befondsing te stop. Die skema sê dit word gedoen om onregmatige en onwettige toewysing van fondse aan studente te vermy, wat buite die voorskrif van die entiteit se beleid val. Die definansieringsproses is in reaksie op die ouditeur-generaal se bevindings en ‘n Spesiale Ondersoekeenheid-ondersoek. Die ondersoek het aan die lig gebring dat meer as vyf miljard rand betaal is aan die studente wat nie vir beurse gekwalifiseer het nie.