Alle voornemende studente wie se aansoeke by die studentehulpfonds, Nsfas, voorlopig goedgekeur is, kan solank by hoër onderwysinstellings registreer.

Die adjunkminister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, sê hulle kan dit doen sonder om hul registrasiefooie te betaal.

SABC-nuus berig verder dit kom nadat die minister, Blade Nzimande, Woensdag bekend gemaak het dat die fonds sowat vier-komma-twee miljard rand aan hoër onderwysinstellings sal uitbetaal, vóór die aansoek- en registrasieprosesse afgehandel is.

Manamela sê indien ‘n aansoeker ‘n boodskap kry wat aandui dat hulle voorlopige goedkeuring het, kan hulle dit as bewys toon om te registreer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×