Die minister van hoër onderwys en opleiding, Nobuhle Nkabane, het aangekondig dat die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema (NSFAS) se toelaes vir universiteitstudente met 4% verhoog word.

Volgens The Herald sê Nkabane die besluit is geneem weens hoë lewenskoste en sosio-ekonomiese uitdagings.

Om meer studente na TVET-kolleges te lok, is daardie sektor se toelaes met 46% verhoog, van R10 000 tot R14 600 per jaar.

Die departement oorweeg ook om studentebehuising terug te gee aan universiteite ná klagtes oor NSFAS-bestuurde akkommodasie.

Nkabane wil verder hê dat universiteitsaansoeke gratis moet wees, aangesien onderwys ’n grondwetlike reg is.

Sy sê NSFAS sal streng bestuur word om korrupsie te voorkom en om seker te maak dat studente eerste kom.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×