Die 2024 Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (Nsfas)-beursaansoeke is tot 15 Februarie verleng. Die Suid-Afrikaanse Studente-unie en die Nsfas-direksie het onlangs vergader en op die nuwe sperdatum besluit.

Hulle het ook ingestem om die Nsfas-leningskema-beursaansoeke môre oop te maak en op 15 Februarie te sluit. Die leningskema is die eerste fase van die implementering van die Omvattende Studentebefondsingsmodel. Nsfas se woordvoerder, Ishmael Mnisi, sê aansoekers wat nie aan die beursskema se vereistes voldoen nie, kan vir die lening aansoek doen.

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×