Die Mangaung-metro se gewese bestuurder, Luzuko Ntlabezo, was glo met ‘n vuurwapen in sy kantoor gedreig.
Netwerk24 berig dat dit voorkom of die meeste dreigemente by die munisipalitet ontstaan wanneer tenderbedrog teëgestaan word.
Ntlabezo was verlede week binne sy voertuig doodgeskiet.
LEES MEER: Koëlreen eis lewe van ‘n senior Mangaung bestuurder
Spookwerkers en spookprojekte was hoog op Ntlabezo se ondersoeklys.
Dit is nie net verteenwoordigers buite die munisipaliteit wat die dreigemente aanhits nie, maar ook beweerdelik bestuurders en kollegas binne die munisipaliteit.
Die interne dreigemente is vermoedelik gerapporteer, maar bestuur het nie daarop gereageer nie.
LEES MEER: Vir amptenare in Bloemfontein is moordsdreigemente ‘niks nuut’
Kapt. Loraine Earle kan nog nie bevestig of ontken of daar ‘n vermeende moordlys is nie.
Die rede vir Ntlabezo se moord is nog onduidelik.