Die Premier van die Vrystaat, Sisi Ntombela, en lede van die Uitvoerende Raad, hou vandag ‘n vergadering met die Jagersfontein-ontwikkelingsmyn.

Dié vergadering is die eerste amptelike vergadering sedert ‘n mynslikdam-ramp dié Vrystaatse myndorp reeds meer as ‘n maand gelede, op Sondag 11 September getref het.

Die premier se woordvoerder, Palesa Chubisi, het gesê meer as 160 huise is vernietig en twee mense het hul lewens verloor toe die omgewing hier deur ‘n mynslik-golf verswelg is.

Die DA in die Vrystaat het vroeër luidens ‘n verklaring gesê die ANC was op Dinsdag 20 September afwesig op dag een van die Jagersfontein-slikdamramp-ondersoek.

Hiervolgens was geen ANC-LUR, ANC-lede van die Vrystaatse wetgewer, of die premier ten tyde van die besoek aanwesig nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×