NUK het besluit dat enige lid van die party wat van korrupsie of ander ernstige misdaad beskuldig word moet bedank

Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee het besluit dat enige lid van die party wat van korrupsie of ander ernstige misdaad beskuldig word, binne dertig dae moet bedank.

Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, het die aankondiging Maandag gemaak.

Ramaphosa sê indien so ‘n persoon nie bedank nie, kan hy of sy geskors word.

Hy het verder gesê die sekretaris-generaal van die party, Ace Magashule, moet van die geleentheid gebruik maak om sy besluit in die verband te neem.

Luister na potgooie hieronder