Die metaalwerkersvakbond, Numsa, gaan van vandag af weens loongeskille met ‘n staking by die Ekapa-myne in die Noord-Kaap voort.

Ekapa Mines, ‘n eertydse De Beers-diamantmaatskappy, weier Numsa se eis van ‘n 17% salarisverhoging.

Ekapa se bestuur het ‘n driejaar-loonooreenkoms voorgestel, met ‘n aanbod van 6,5% vir die hele werkermag, vir elke jaar van die ooreenkoms. Numsa se nasionale woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die bestuur se voorstel is onaanvaarbaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×