Sekuriteitswerkers by lughawens in Bloemfontein in die Vrystaat, asook Kimberley, Upington en Kathu in die Noord-Kaap, is glo sedert Februarie nie betaal nie.
Die metaalwerkersvakbond Numsa blameer die werkgewer, Venus Security, en sê die maatskappy se uitvoerende hoof, Peter Kekana, het aan werkers gesê hy het nie geld om hulle te betaal nie.
Die Lughawensmaatskappy sê dit kan nie die werkers betaal nie, omdat Venus Security nie ‘n belastingsertifikaat en ‘n Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtigingsertifikaat het nie.
Die Numsa-woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, het gevra dat die Venus-kontrak gekanselleer word.
LUISTER: