Die rampspoedige toestand van die land se Padongelukfonds is te danke aan wanbestuur deur die die fonds se uitvoernede hoof.

Dít volgens die metaalwerkersvakbond, Numsa, wat nou hieroor gaan staak. Numsa sê dit is die doen en late van die entiteit se hoof, Collins Letsoalo, wat die probleme veroorsaak. NewsKoop berig die vakbond sal Donderdag na die kantore van die departement van vervoer opruk om ‘n griefskrif te oorhandig.

Numsa-woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê dit lyk nie asof die fonds se direksie, en ook nie die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge, daartoe in staat is om Letsoalo aanspreeklik te hou nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×