NUMSA gaan SKOOR skriftelik vra om die Departement van Openbare Ondernemings aanspreeklik te hou vir die SAL se versuim om sy finansiële state voor te lê

Die metaalwerkersvakbond – NUMSA – gaan die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge skriftelik versoek om die Departement van Openbare Ondernemings aanspreeklik te hou vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens se versuim om sy finansiële state voor te lê. Dit hou verband met agterstallige salarisse aan personeel. NUMSA sê SKOOR moet dringend ingryp omdat dit ‘n baie negatiewe uitwerking het op personeel van SAL Tegnies en Airchefs, wat nog nie salarisse gekry het nie. NUMSA se woordvoerder, Phakamile Hlubi sê daar is onderneem dat dié personeel, wat aanvanklik op 27 Maart betaal moes word, hul salarisse op 1 April sal kry – wat nie gebeur het nie. Sy sê werkers by Airchefs kry nog swaarder omdat hulle sedert Oktober verlede jaar geen salarisse gekry het nie.

Luister na potgooie hieronder