Numsa het ’n stakingskennisgewing van 48-uur op die bestuur van die Gautrein bestel.

Die nasionale metaalwerkersvakbond van Suid-Afrika, oftwel Numsa, het ’n stakingskennisgewing van 48-uur op die bestuur van die Gautrein bestel. Die vakbond het aangekondig dat sy lede vir ’n onbepaalde tyd gaan staak as daar nie aan hulle eise gehoor gegee word nie. Die protesoptrede volg na loononderhandelings tussen die vakbond en bestuur misluk het. Numsa se Phakamile Hlubi Majola het die maatskappy daarvan beskuldig dat hy ’n verhoging van vier persent afgedwing het sonder om met werkers daaroor te onderhandel.

Luister na potgooie hieronder