Die metaalwerkersunie NUMSA sal vandag sy lede raadpleeg oor loononderhandelinge in die motorbedryf.

Volgens NUMSA het werkgewers in die sektor ‘n hersiene salarisverhogingsaanbod aangebied.

Die vakbond het dus besluit om nie die kennisgewing om te staak aan werkgewers te bedien nie.

NUMSA-woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê werkers wat nie vandag werk toe gaan nie, sal weens die terugvoersessies nie gedissiplineer word nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×