Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond, Numsa, sê die wêreld moet Amerika verantwoordelik hou vir die slagting van mense in Palestina.
Die vakbond kritiseer die VSA, omdat Amerika, volgens hom, sy steun aan Israel toesê in die bloedige Israel/Hamas-konflik in die Gasastrook.
Numsa se sekretaris-generaal, Irvin Jim, sê dit is verkeerd van die Amerikaanse president, Joe Biden, om die VSA se steun aan Israel te verleen.
Numsa het gister sy sentrale komitee-vergadering afgesluit. Die vakbond is nou van voorneme om ‘n optog te reël, ten einde sy standpunte oor die voortslepende Gasa-konflik duidelik te maak.