Salarisse wat laat betaal word, bydraes vir medies en pensioen wat nie aan derdepartye oorbetaal word nie, en kraamverlof wat geweier word, tel onder wanpraktyke wat glo veral in die Vrystaatse sekuriteitsektor hoogty vier. Chris Soetsane van Numsa sê die vakbond kan egter nie oral ingryp nie, aangesien baie veiligheidswagte nie Numsa-lede is nie.

Numsa sê hy word oorval met klagtes oor die versuim van sekere Vrystaatse veiligheidsmaatskappye om aan arbeidsregulasies te voldoen. Voorts is daar skynbaar ook talle ondernemings in die Vrystaat wat regulasies vir die sekuriteitbedryf blatant verontagsaam.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×